Proksie
ek weet nou-al
dat skemer oor die skiereiland
saans
net nóg
‘n glansende sonsondergang
sal vervang
seestrome in die baai
sal steeds saamvloei
in skakerings blou
die kiewiet sal weer snags skel
en die suidoos nog kom lamenteer
ja
die trop tarentaal
sal slakke uitskrop in my voortuin
maar ek weet noual
ek sal nie meer
die oggendwasigheid sien
of laatsomer se middaggloed ontbeer
sal ek dit alles mis
as ek weg is
nee
wag
ek het ‘n plan
jy sal mos agterbly
ek gee jou proksie
om vir my part
voort te leef
en nog ‘n dag aan te gryp
No comments:
Post a Comment