Parade
vroegoggend
glip ek kortpad
skuinsoor die parade
en systap verby
‘n opgedamde waterpoel
‘n grys straatduif skud sy vlerke droog
en pik-pik kopknikkend rond
aan kriesels op die teer
sy maat sit hoog en droog
bespiedend
bo-op
die Kroon se kop
voor die ou stadsaal
hang palmtakke roerloos
die smous se streepsak
word sistematiese oopgerol
uitgepak
opgestapel
onderklere net reg vir die mêrrem
hy kyk op en knik vir my
ja die lug is oop
hy’s hoopvol vandag
op ‘n persentasie profyt
dis skuins voor agt
No comments:
Post a Comment